SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BORNMAN, Elirea; PAUW, JC; POTGIETER, Petrus H  y  JANSE VAN VUUREN, Hermanus H. Moedertaalonderrig, moedertaalleer en identiteit: Redes vir en probleme met die keuse van Afrikaans as onderrigtaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.724-746. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a4.

In die artikel word die response bespreek van 1707 Afrikaanssprekende studente aan Unisa op ʼn oop vraag in ʼn vraelysopname. Die vraag hou verband met die redes waarom hierdie studente besluit het om in Afrikaans te studeer. Die response word ondersoek teen die agtergrond van die teorie oor die funksies van taal in onderrig, en in die besonder die voordele van moedertaalonderrig en taal as simbool van identiteit. Die diskoerse oor taal in die hoër onderwys word ook in aanmerking geneem. Die response is eerstens tematies ontleed, waarna die frekwensies vir die verskillende temas bereken is. Die grootste kategorie hou verband met die voordele van moedertaalonderrig op 'n verskeidenheid vlakke. Ander belangrike temas hou verband met identiteit, taaltrots, die aandrang op taalregte en taalaktivisme. 'n Aantal respondente het verder ʼn positiewe verband tussen hul keuse van Afrikaans en hul beroepslewe getrek. Die gevolgtrekking word gemaak dat leer in die moedertaal veel meer doeltreffend is as leer in ʼn tweede taal. Daar word verder aangevoer dat universiteite 'n belangrike rol speel in die identiteitsvorming van studente asook in die identiteitsdinamika in die groter samelewing. Ek woon in Upington waar ons slegs Afrikaans praat en ek het juis besluit om deur Unisa te studeer omrede hulle bereid was om LLB vir my in Afrikaans aan te bied. Afrikaanssprekende Unisa-student

Palabras clave : Taalkeuse; taalhoudings; hoër onderwys; onderrigtaal; Afrikaans; moedertaalonderrig; moedertaalleer; identiteit; handboeke; Unisa.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons