SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BORNMAN, Elirea; PAUW, JC; POTGIETER, Petrus H  and  JANSE VAN VUUREN, Hermanus H. Moedertaalonderrig, moedertaalleer en identiteit: Redes vir en probleme met die keuse van Afrikaans as onderrigtaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.724-746. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a4.

In die artikel word die response bespreek van 1707 Afrikaanssprekende studente aan Unisa op ʼn oop vraag in ʼn vraelysopname. Die vraag hou verband met die redes waarom hierdie studente besluit het om in Afrikaans te studeer. Die response word ondersoek teen die agtergrond van die teorie oor die funksies van taal in onderrig, en in die besonder die voordele van moedertaalonderrig en taal as simbool van identiteit. Die diskoerse oor taal in die hoër onderwys word ook in aanmerking geneem. Die response is eerstens tematies ontleed, waarna die frekwensies vir die verskillende temas bereken is. Die grootste kategorie hou verband met die voordele van moedertaalonderrig op 'n verskeidenheid vlakke. Ander belangrike temas hou verband met identiteit, taaltrots, die aandrang op taalregte en taalaktivisme. 'n Aantal respondente het verder ʼn positiewe verband tussen hul keuse van Afrikaans en hul beroepslewe getrek. Die gevolgtrekking word gemaak dat leer in die moedertaal veel meer doeltreffend is as leer in ʼn tweede taal. Daar word verder aangevoer dat universiteite 'n belangrike rol speel in die identiteitsvorming van studente asook in die identiteitsdinamika in die groter samelewing. Ek woon in Upington waar ons slegs Afrikaans praat en ek het juis besluit om deur Unisa te studeer omrede hulle bereid was om LLB vir my in Afrikaans aan te bied. Afrikaanssprekende Unisa-student

Keywords : Taalkeuse; taalhoudings; hoër onderwys; onderrigtaal; Afrikaans; moedertaalonderrig; moedertaalleer; identiteit; handboeke; Unisa.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License