SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

TSHUMA, Lindiwe  and  LE CORDEUR, Michael. Taal as hulpbron in Intermediêre Fase wiskunde-onderrig in die Oos-Kaap: Op soek na 'n effektiewe pedagogiek vir wiskunde-onderrig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.707-723. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a3.

In Suid-Afrika is dit nie verpligtend dat studente tydens hul wiskunde-onderwysopleiding eers die taal van leer en onderrig (TvLO) moet bemeester nie. Voorts word geen of minimale leiding gegee met betrekking tot ʼn samehangende en sistematiese gebruik van transtaligheid en kodewisseling in die klaskamer tydens of na aanvanklike wiskunde-onderwysopleiding nie. Die huidige praktyk benadeel die kwaliteit van inhoudsoordrag, omdat Pedagogies benadeelde onderwysers wat op hul beurt die meerderheid leerders in openbare skole moet onderrig, nie oor die aanvaarbare taalvermoë in Engels beskik nie. Die meeste van hierdie leerders is meertalig en dus Engelse Tweedetaalleerders (ETtLs), met Engels as Taal van Onderrig aangesien Suid-Afrika se inheemse tale nie genoegsaam ontwikkel is om wiskunde-onderrig te ondersteun nie. In hierdie artikel word 'n moontlike, algemeen aanvaarbare en effektiewe pedagogiek vir wiskunde-onderrig ondersoek. Dit spruit uit deurlopende doktorale navorsing na die verband tussen onderwysers se taalvermoë en Intermediêre Fase wiskunde-onderrig in die Oos-Kaap Provinsie van Suid-Afrika. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat intermediêre fase-onderwysers nie voldoende toegerus is om taal te gebruik as ʼn hulpbron in wiskunde-onderrig en -leer nie. Die artikel bied wenke en strategieë aan onderwysers wat Engelse Tweedetaal Leerders (ETtLs) in staat sal stel om wiskunde effektief te leer. Die tweede gevolgtrekking is, selfs al sou moedertaalonderrig tot sy reg kom in Suid-Afrika, sal vaardigheid in Engels steeds ʼn voorvereiste wees vir toegang tot die globale wêreld.

Keywords : Intermediêre Fase; wiskunde-onderwysopleiding; moedertaalonderrig; Engelse Tweedetaalleerders; onderwysers se taalvermoë; transtaligheid; kodewisseling.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License