SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN WYK, Yolanda; COETZEE, Dané  y  PIENAAR, Anita E.. Die invloed van geslag, ras en sosio-ekonomiese status op visueel-motoriese integrasie van nege- tot 10-jarige leerders: Die NW-CHILD studie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.649-666. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a10.

Visueel-motoriese integrasie, visuele persepsie en motoriese koördinasievaardighede toon ʼn sterk verwantskap met akademiese prestasie en sukses. Dié verwantskap lyk of dit leerders met ʼn lae sosio-ekonomiese status (SES), negatief beïnvloed. Die doel van dié studie was om die invloed van geslag, ras en sosio-ekonomiese status op visueel-motoriese integrasie van nege- tot 10-jarige leerders, woonagtig in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, te bepaal. Leerders in Graad 3 en 4 (n=865; 457 seuns en 408 meisies, 9.9 jaar, sa=0.42), is as deel van die NW-CHILD longitudinale studie met die "The Developmental Tests of Visual-Motor Integration, Fourth Edition (VMI-4)" geëvalueer. Resultate is geanaliseer met "Statistica for Windows" (2014). Onafhanklike t-toetsing het die visueel-motoriese integrasie status vir die groep bepaal, asook per geslags-, ras en SES afsonderlik. Tweerigting frekwensietabelle het leerders in verskillende vaardigheidskategorieë vir visueel-motoriese integrasie, visuele persepsie en motoriese koördinasie geplaas. Resultate van dié studie toon dat leerders (onafhanklik van geslag, ras of SES) hoofsaaklik in die gemiddelde prestasie kategorie vir al drie vaardighede presteer het. Seuns het betekenisvol beter gevaar tydens visueel-motoriese integrasie (p≤0.001; d=0.22) met geen verdere betekenisvolle geslagsverskille nie. Ras het ʼn invloed gehad op visuele persepsie en motoriese koördinasie prestasie (p≤0.001; d=0.29 en p≤0.001; d=0.39), waar die wit leerders betekenisvol beter gevaar het. Lae SES het verder ook ʼn statistiese (p≤0.001) en klein prakties (d≥0.3) betekenisvol negatiewe invloed op al die vaardighede gehad. Die studie het bevind dat ras en lae SES die grootste negatiewe invloed op leerders se visueel-motoriese integrasie status uitgeoefen het.

Palabras clave : Visueel-motoriese integrasie (VMI); visuele persepsie (VP); motoriese koördinasie (MK); geslag; ras; sosio-ekonomiese status (SES); skolastiese prestasie; wiskunde; lees; skryf.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons