SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SIMEON, Elzahne; HERBST, Alida  e  STRYDOM, Herman. Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.562-580. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a5.

Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings. Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig.

Palavras-chave : lewensvaardighede; kinder- en jeugsorgsentrum; gemengde metode navorsing; program; straatkinders; bemagtiging; sterkteperspektief; bemagtigingsprogram; psigososiale omstandighede; behoeftes.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons