SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-2Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchisingAfrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GRUNDLINGH, Louis. "Die ruim buitelugsitkamer van die stad": 'n Oorsigartikel oor die denke en doelstellings van stedelike parkontwikkeling in die laat 19de en vroeg 20ste eeu in Europa en die Verenigde State van Amerika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.542-561. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a4.

Die stedelike park het 'n toevlugsoord geword vir stedelinge wat met armoede en oorbevolking geworstel het. Geskiedskrywing hieroor is al goed gedek, maar vandag is daar nuwe belangstelling, aangemoedig deur stedelike omgewingshistorici. Die artikel ondersoek die sieninge van veral die middelklas oor die moeilike omstandighede van die armes en werkersklasstedelinge en hoe hulle parke gesien het as een oplossing hiervoor. Voorts lê die artikel klem op hulle idees oor die natuur, gesondheid en moraliteit, sosiale beheer en middelklasfatsoenlikheid en die rol wat die stedelike park hierin gespeel het. Weliswaar het die middelklas die parke gebruik, maar dit moes ook vir die werkersklas as voorbeeld van behoorlike gedrag dien. Aandag word geskenk aan die wyse waarop landskapargitekte in hul ontwerp van die parke konkrete gestalte aan hierdie idees gegee het. Die oprigting in parke van wetenskaplike en kulturele sentrums soos glashuise, museums, kunsgalerye en ornamentele beelde het nie alleen parke verder verfraai nie, maar was ook manifestasies van burgerlike trots. Nietemin, terwyl parke bygedra het om die lewensomstandighede van stedelinge te verbeter, was dit deurgaans in kompetisie met die realiteit dat die stad se lewensaar vervaardiging en handel was en het dit nie noodwendig met die idee van 'n groot openbare ruimte daarbinne geklop nie.

Keywords : Romantiek; natuur; boosheid van die stad; groen ruimtes; gesondheid; oorbevolking; middelklas; fatsoenlikheid; moraliteit; sosiale beheer; ontspanning; parkontwerp.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License