SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER MERWE, W R  y  KLEYNHANS, Ewert P J. Die krisis in die Suid-Afrikaanse staalbedryf te midde van Sjinese mededinging. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.521-541. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a3.

Die krisis in die Suid-Afrikaanse staalvervaardigingsbedryf word in hierdie artikel ondersoek. Na die wêreldwye ekonomiese krisis van 2008 vind die meeste lande dit steeds moeilik om hul ekonomieë te herstel. Sjina het dit egter wel moontlik gevind om volhoubare ekonomiese groei te bereik en gedurende 2010 ʼn groeikoers van byna twaalf persent behaal. Dit het Sjina in staat gestel om hul staalproduksie te verhoog en ʼn surplus van Sjinese staal op wêreldmarkte aan te bied. Sjina kon gevolglik hul staal teen baie lae pryse na Suid-Afrika en ander lande uitvoer. Sedertdien het die Sjinese ekonomie egter tot ʼn laagtepunt van sewe persent in 2015 gedaal en is Sjina geforseer om sy uitvoere na internasionale markte verder uit te brei en markte vir sy staalnywerheid te vind. Dié artikel ondersoek die rol van Sjinese mededinging, markomstandighede en wat gedoen is om die Suid-Afrikaanse staalbedryf te probeer red. Ekonometrieseregressie-analises het aangetoon dat Sjinese mededinging wel ʼn beduidende impak op die Suid-Afrikaanse staalvervaardigingsnywerheid het en dat Suid-Afrikaanse staalproduksie beduidend benadeel word. Die artikel sluit af deur moontlike wyses wat die negatiewe effek op die Suid-Afrikaanse mark en in besonder die staalbedryf die hoof kan bied, te ondersoek en aanbevelings te maak.

Palabras clave : Vervaardiging; produksie; staalnywerheid; ekonomiese groei; mededingendheid; Sjina; Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons