SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-1A principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PIETERSE, H.J.. Variasie en variëteit: 'n Voorlopige verkenning van die voorkoms en funksie van taalvariëteite in Kaar (Marlene van Niekerk). Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.369-386. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a9.

In hierdie artikel word die polifonie van tale in Kaar, Marlene van Niekerk se derde digbundel (2013), ondersoek. Standaardafrikaans en verskeie sosiolekte, dialekte en streeksvariëteite van Afrikaans word in die bundel gevind, asook leksikale items uit verskeie moeder- en sustertale van Afrikaans. 'n Aantal moontlike invalshoeke tot die bundel word eerstens bespreek. Die fokus verskuif dan na die verskeie tale in die bundel; die wyses waarop hulle gebruik word in die gedigte, word gelys in 'n uitgebreide Addendum. Die vraag word gestel waarom soveel items uit Afrikaans wat geëtiketteer word as onder meer "argaïes", "weinig gebruiklik", "verouderd" en "deftig" gebruik word om 'n heteroglossiese effek te skep. Die argument word gestel dat byna vergete items "losgemaak" word uit die vergetelheid en vir die leser opgehou word as lewende items om 'n verbygaande en verbygegane wêreld mee op te roep. Kommentaar word voorts gelewer oor die plek van Afrikaans binne en tussen hierdie polifonie van tale en 'n indirekte stelling word deur die digter gemaak dat Afrikaans se wortels in die Indo-Germaanse taalfamilie lê en nie in die Afrikatale nie. Ten slotte word Deleuze en Guattari (1986) se begrippe "majeur-" en "mineurtaal" deelteoreties gebruik om die register van talle gedigte in Kaar as 'n mineurtaal te verduidelik, 'n taal wat verby sy gewone morfologiese en sintaktiese grense gedruk word om te verseker dat die taal in 'n voortdurend nomadiese en dinamiese staat bly.

Keywords : Marlene van Niekerk; Kaar; taalvariasie; ensiklopediese narratief; idiolek; sosiolek; streeksvariëteit; tussentaal; majeurtaal; mineurtaal.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License