Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN HUYSSTEEN, GB (Gerhard). Opname- en elimineringskriteria vir die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: Die geval emeritus. Deel 2. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.346-368. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a8.
Sedert 2006 het die Taalkommissie (TK) begin om formele riglyne vir die opname of eliminering van lemmas in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) saam te stel; dié riglyne is deur Van Huyssteen (2017b - kyk Deel 1 in hierdie uitgawe) in ʼn operasionaliseringsraamwerk geformaliseer. Die doel van hierdie artikel is om die operasionaliseringsraamwerk uitvoerig aan die hand van ʼn gevallestudie, te wete die geval emeritus, te illustreer. In die eerste elf stappe word vrae beantwoord wat die makrostrukturele status van die lemma in die woordelysgedeelte van die AWS raak, naamlik of emeritus opgeneem moet word of nie. Agt van dié vrae kan positief beantwoord word en dien as motivering vir die opname van emeritus as lemma. Die laaste ses stappe se vrae het betrekking op die mikrostrukturele hantering van emeritus, naamlik hoe dit in die AWS opgeneem moet word. Op sterkte van die analises word tot die gevolgtrekking gekom dat emeritus soms as selfstandige naamwoord (met slegs die meervoud emeriti) in Afrikaans funksioneer, maar meestal as prenominale adjektief (byvoorbeeld emeritus aartsbiskop).
Palavras-chave : Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); eliminerings-kriteria; leksikografie; normatiewe taalkunde; opnamekriteria; ortografie; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK).