SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN HUYSSTEEN, GB (Gerhard). Die aard, doel en omvang van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Deel 1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.323-345. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a7.

Toe die eerste Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) meer as honderd jaar gelede gekonsipieer is, was dit nog nie standaard praktyk om die aard, doel en omvang van woordeboeke duidelik, omvattend en sistematies uit te spel in ʼn woordeboekkonseptualiseringsplan nie. In 2006 het die TK begin om twee dokumente saam te stel, naamlik ʼn stylgids (waarin kwessies soos die volgorde van etikette, alfabetisering, volgorde van los-, vas- en koppeltekenskryfvorme, inkortings, tipografie, en so meer aangeraak word) en riglyne vir die TK (waarin opname- en elimineringskriteria vir lemmas in die woordelysgedeelte van die AWS bespreek word). Geen van beide is tot op datum van publikasie van hierdie artikel formeel deur die TK goedgekeur of in die openbare domein beskikbaar nie. Die doel van hierdie artikel is om van daardie inligting te organiseer, daarop uit te brei en as ʼn operasionaliseringsraamwerk te formuleer. Met betrekking tot die aard van die AWS word die AWS binne ʼn groter woordeboektipologie gekarakteriseer as ʼn beperkte, eentalige, sinchroniese, linguisties-ensiklopediese naslaanbron. Die belangrikste doel van die AWS is om norme daar te stel vir die gebruik van hedendaagse, geskrewe, formele Standaardafrikaans. Met betrekking tot die omvang van die woordelysgedeelte in die AWS word daarop gewys dat lemmas in die AWS ʼn dubbele rol as woordeboekinskrywings vervul, naamlik as makro- én mikrostruktuurelemente. Verskeie opname- en elimineringskriteria wat die omvang van die AWS bepaal, word bespreek en aan die hand van verskeie voorbeelde toegelig.

Palavras-chave : Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); elimineringskriteria; leksikografie; normatiewe taalkunde; opnamekriteria; ortografie; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK); Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS).

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons