SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-1The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

TALJARD, Elsabé; PRINSLOO, Danie  and  BOSMAN, Nerina. Honderd jaar Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 'n oorsig en waardering. Deel 2: Die gebruiker in fokus. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.302-322. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a6.

Hierdie artikel vorm die tweede deel van 'n reeks van twee oor die Woordelysgedeelte van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS). Die aanlyn weergawe van die woordelysgedeelte van die AWS is in 2010, net nadat die tiende uitgawe van die AWS in 2009 die lig gesien het, aan gebruikers beskikbaar gestel. Hierdie weergawe van die 2009-Woordelys word in die artikel vanuit ʼn gebruikersperspektief beskou en wel teen die agtergrond van die snelle ontwikkeling van e-leksikografie en die moontlikhede wat aanlyn beskikbaarheid aan leksikografiese naslaanwerke bied. Ons begin met 'n kritiese evaluering vanuit 'n gebruikerperspektief van die Woordelys. Tweedens kyk ons na die status van die Woordelys as leksikografiese inligtingsbron. In die derde plek stel ons die gebruiker van die Woordelys in fokus, en wel teen die breër agtergrond van die inligtingsbehoeftes van die woordeboekgebruiker in die inligtingsera. Gebaseer op ons ondersoek, wat onder andere gebruik gemaak het van loglêers en'n korpus van ongeredigeerde studenteskryfwerk, kom ons tot die gevolgtrekking dat die huidige elektroniese Woordelys - alhoewel dit ʼn waardevolle naslaanwerk is - nouliks aan die moderne gebruiker se inligtingsbehoeftes voldoen. In terme van die funksieteorie - een van die moderne leksikografiese teorieë - moet leksikografiese inligtingsbronne byvoorbeeld naas kognitiewe inligting ook sterk leiding bied ten opsigte van teksproduksie. Die gee van hierdie tipe leiding is iets wat die samestellers van die Woordelys in die toekoms miskien ook in gedagte sou kon hou. Ten opsigte van lemmakeuse stel ons voor dat die gebruik van 'n leksikografiese liniaal bykomende hulp sou kon verleen. Ons bied wenke aan oor hoe ʼn beter aanlyn weergawe van die ou bekende Woordelys by die aanvang van die tweede honderd jaar van die AWS daar sou kon uitsien.

Keywords : Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; e-leksikografie; gebruikersperspektief; spelleiding; loglêeranalise; inligtingsbehoeftes; leksikografiese liniaal; lemmakeuse; gebruikersleiding; aanlyn woordeboeke; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License