Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN RENSBURG, Christo. Ná honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.249-270. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a3.
Hierdie artikel bekyk die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die manier waarop die eerste Afrikaanse Woordelijs en Spelreëls van 1917 die Afrikaanse spelling bereël het, en die gevolge daarvan. W.J. Viljoen het in 1903 die voorstanders van die VHS (Vereenvoudigde Hollandse Spelling) in Nederland en België besoek om by hulle leiding te kry vir 'n eenvoudiger Nederlandse spelling vir Suid-Afrika, wat nog steeds Nederlands sou wees. Hulle het ooreengekom dat Die Taalbond die vereenvoudigde spellingsisteem van die VHS in Suid-Afrika kan volg, ʼn reëling wat in Desember 1904 op 'n kongres van die Taalbond aanvaar is, en wat van 1915 af sy neerslag in die vroeë uitgawes van die Woordelys en Spelreëls gevind het. Met hierdie spellingbesluit is die Afrikaanse skryfpogings van die negentiende eeu verbygegaan, en desnieteenstaande latere verafrikaansings, kan die gevolge van die vernederlandse spelling van Afrikaans steeds in geskrewe Afrikaans waargeneem word.
Palavras-chave : Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; dialekte; Khoi-Afrikaans; standaardisering; stigmatisering; Taalkommissie; verafrikaansing; vernederlandsing.