SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MIHAI, Maryke. Leerders se ervarings tydens blogging in 'n Afrikaansklas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.205-221. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a15.

Hierdie studie het op blogging gefokus, as een van die moontlike maniere waarop 'n rekenaar in 'n Afrikaansklas gebruik kan word, met die doel om integrasie tussen die verskillende leerareas te bevorder. Die navorser wou bepaal hoe leerders blogging sou hanteer, met die fokus op die verskillende komponente in die skoolomgewing - die gebruik van tegnologie, die leerders self, die reëls waaraan hulle moes voldoen en die gemeenskap waarin hulle leef, naamlik die onderwyser, en ander leerders en ouers wat op hul werk kommentaar moes lewer. Hierdie komponente is belangrik in die aktiwiteitsteorie. Met Maier en Ellen se 1956-frustrasieteorie as agtergrond, het die navorser aangeneem dat die projek leerders sal motiveer om beter as in die verlede te doen, of dat dit aggressie, regressie, vermyding of fiksasie sou veroorsaak. Die navorser het 'n kwalitatiewe, interpretatiewe gevallestudie onderneem met 40 graad tien Eerste Addisionele Taal Afrikaans-leerders van 'n privaat skool as deelnemers. Die leerders moes dagboekinskrywings in 'n blog doen. Daarna het hulle narratiewe kommentaar oor hulle ervarings geskryf. Dit is verbatim oorgetik en deur middel van Atlas.ti ontleed. Die meeste leerders se ervarings was positief, baie het aggressief geraak, 'n groot persen-tasie het na 'n normale skryftaak geregresseer, terwyl sommige probeer het om die probleem sover as moontlik te ignoreer. Leerders het hul eie frustrasievlakke verhoog as gevolg van vergeetagtigheid, foute en 'n gebrek aan tydsbestuur en kennis.

Palavras-chave : aktiwiteitsteorie; blogs; blogging; blogger; aanlyn dagboekinskrywings; joernaalinskrywings; frustrasie; motivering; aggressie; regressie; vermyding; kwalitatiewe; interpretatiewe gevallestudie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons