SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MEYER, Susan. Natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem: 'n Ondersoek na Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Deel 2. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.154-167. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a12.

David Barnhill stel 'n nuwe benadering tot natuurgesentreerde skryfwerk voor. Op grond van bepaalde nadele in die sisteme van klassifikasie waarop meestal gesteun word in die beskrywing van natuurgerigte skryfwerk, stel Barnhill voor dat 'n natuurgesentreerde woordwerk beskou word as 'n ekosisteem. Die kategorieë waarin natuurgerigte skryfwerk geplaas word wanneer die taksonomie-benadering gevolg word, word beskou as veelvoudige elemente wat in individuele werke saam- of op mekaar inwerk, soos die organismes in 'n ekosisteem. Dié benadering het ten doel om die interne kompleksiteit en diversiteit van die werk te onleed en sodoende tot 'n genuanseerde beskrywing daarvan te kom. In die vorige afdeling van hierdie studie, wat in die Desemberuitgawe van hierdie tydskrif gepubliseer is, is 'n deeglike teoretiese begronding vir Barhnill se benadering gebied. In hierdie afdeling word die teoretiese gereedskap wat Barnhill se benadering bied, getoets. Schalk Schoombie se debuutroman, Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens (2015) word bestudeer vanuit die hipotetiese uitgangspunt dat die teks 'n ekosisteem is ten opsigte van die kenmerkende elemente van natuurgesentreerde skryfwerk daarin. Verskillende elemente wat aan natuurgesentreerde skryfwerk sy unieke aard gee, word in Boomkastele geïdentifiseer en die besonderhede omtrent hierdie elemente word verken. Aandag word geskenk aan die interaktiewe samehang tussen hulle, aan hoe elk van die elemente ontwikkel en met sekere anderes geïntegreer word. Hieruit word sigbaar hoe die beeld van 'n ekosisteem uit die roman te voorskyn tree. Uit die toepassing van Barnhill se benadering vloei 'n verskerpte bewustheid van die aard van natuurgerigte skryfwerk asook waardering vir Boomkastele as 'n ryk geskakeerde roman.

Keywords : Schalk Schoombie; natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem; David Barnhill; ekokritiek.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License