SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue1Why Kant never mentioned paedophillia. A Foucaultian hypothesisNature writing as ecosystem: An analysis of Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Part 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WEIDEMAN, Albert. Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.137-153. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a11.

Die redelik onlangse ontstaan van die toegepaste taalkunde as dissipline verklaar waarom die definisies daarvan soveel stryd ontlok. Daar is 'n veelheid van wyses waarop die veld gekonseptualiseer word. Tans is multi- of inter- en selfs transdissiplinariteit weereens gewilde terme in sulke definisies. Merkwaardig genoeg verbind sommige huidige beskouings die veld eksklusief aan die taalkunde, net soos by die aanvang van die dissipline sowat 60 jaar gelede. Hierdie artikel bespreek 'n reeks onlangse herbesinnings oor die definisies vir die dissipline. Die argument word gevoer dat daar nie konseptuele kontinuïteit tussen die linguistiek en die toegepaste taalkunde bestaan nie. Die filosofiese idee word benut dat dissiplines optimaal gedefinieer kan word - nie met verwysing na konkrete entiteite (soos "taal") nie, maar eerder deur te verwys na die teoreties onderskeibare modaliteite of aspekte. Daardie aspekte funksioneer as konseptuele invalshoeke vir dissiplinêre begripsvorming. Die tersaaklike modaliteite hier is respektiewelik die linguale aspek, wat begripsvorming in die linguistiek omskryf, en die tegniese dimensie van ons ervaring, wat sentraal staan in toegepaste taalkundige begripsvorming. Daar is historiese redes waarom sommige taalkundiges ongemaklik was binne die linguistiek, en verkies het om eerder as "toegepaste" taalkundiges te werk. Sulke ongemak is egter nie voldoende rede om helderheid oor die aard van hul teoreties analitiese arbeid te vermy nie. Dissiplinêre definisies bly belangrik: modernistiese en postmodernistiese idees onderliggend aan die linguistiek en die toegepaste taalkunde hou gevolge vir sulke werk in. Dissiplinêre bewustheid, veral van paradigmaverskille, beskerm akademici teen naïewe opinies of die klakkelose navolg van intellektuele modes.

Keywords : definisie van die toegepaste taalkunde; geskiedenis van die toegepaste taalkunde; paradigmas; grondslae van die toegepaste taalkunde; modernisme; postmodernisme; transformasioneel-generatiewe grammatika.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License