SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SCHOEMAN, Marinus. Kritiese opmerkings oor ons tyd en sommige van sy gevaarlikste illusies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.22-33. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a3.

Eerstens ondersoek hierdie artikel 'n belangrike verskynsel van ons tyd, naamlik die heroplewing van rewolusionêre bevrydingsbewegings. Basies berus al die rewolusionêre bevrydingsbewegings op minstens twee veronderstellings wat myns insiens albei drogrede-nasies is. Die eerste is die veronderstelling dat ons as mense vry gebore word, en die tweede is die veronderstelling van die nulsom. Beide veronderstellings word krities bespreek. Daar word aangetoon hoe hulle aanleiding gee tot illusies wat n ernstige bedreiging inhou vir die demokrasie en vir beskaafde standaarde in die burgerlike samelewing. Die aandag word veral gerig op die verskynsel van radikaal-Islamitiese terreur en die ideologie van "Derdewêreldisme" oftewel postkoloniale bevryding. Die tweede deel van die artikel handel oor die laat-moderne verskynsel van wat mens kan bestempel as 'n "kultuur van verwerping en onverskilligheid" (beter nog: 'n antikultuur) wat sigself veral in die hoogs ontwikkelde samelewings laat geld. Hierdie antikultuur van onbeskofte en provokerende gedrag kom voort uit n radikale houding van ondankbaarheid, disrespek en 'n totale gebrek aan skroom. Die artikel sluit af met aanduidings van hoe hierdie antikultuur bestry kan word, en wat die voorwaardes vir n beskaafde samelewing sou behels. Filosofie as aktualiteitsanalise - dit beteken dat die filosoof 'n poging aanwend om die tydsgees aan te voel, onder woorde te bring en van vraagtekens te voorsien. "Tydsgees" is 'n vae begrip. Dit is moeilik om dit vas te vang, want as evidensies, d.w.s. as geleefde praktyke, oortuigings, denkgewoontes en denktaboes geld dit meestal as vanselfsprekend, as versweë veronderstellings wat slegs selde tot openbaring kom. Dit het al 'n gemeenplaas geword om te sê dat ons hedendaagse, moderne samelewings gekenmerk word deur die verskynsel van globalisering en sterk beïnvloed word deur die neoliberale lewensopvatting. Dié lewensopvatting berus op die vanselfsprekende aannames van n tegnokratiese en progressiewe elite, wat op elke verstoring van sy wereldbeeld reageer deur die verstorende faktore voor te hou as agterhaalde oorblyfsels uit n oorwonne verlede. Dit lewer n soort sprekerswins op, want dit maak van argumentvoering en debat 'n botsing tussen verteenwoordigers van die toekoms en oorblyfsels van 'n agterhaalde verlede. Wie wil na alles bestempel word as 'n reaksionêr, as 'n struikelblok vir vooruitgang? Ek wil in hierdie bydrae egter nie op die neoliberale gedagtegoed fokus nie. Ek wil eerder die aandag vestig op 'n ander belangrike verskynsel van ons tyd, naamlik die heroplewing van rewolusionêre bevrydingsbewegings. Daarbenewens wil ek, in die tweede plek, stilstaan by die laat-moderne verskynsel van wat mens kan bestempel as 'n "kultuur van verwerping en onverskilligheid" (beter nog: 'n antikultuur) wat sigself veral in die hoogs ontwikkelde samelewings laat geld.

Palavras-chave : rewolusionêre bevrydingsbewegings; radikaal-Islamitiese terreur; wanopvatting van vryheid; drogredenasie van die nulsom; Derde; - wêreldisme; maatskaplike geregtigheid; egalitarisme; ressentiment; antikultuur; burgerlike samelewing; respek; voorwaardes vir 'n beskaafde samelewing.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons