SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN STADEN, Louis  y  NEL, Carisma. Leerbenaderings en akademiese prestasie van EBW-onderwysstudente. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1227-1244. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a9.

Een van die groot probleme in die hoëronderwyssisteem is dat die deurvloeisyfers nie na wense is nie. 'n Groot aantal studente skryf in vir 'n graad maar voltooi dit nie binne die voorgeskrewe tydperk nie. Een van die mees prominente faktore waaraan hierdie probleem volgens navorsers toegeskryf kan word, is studente se leerbenadering, wat weer bepaal word deur hulle leermotiewe en leerstrategieë. Die doelstelling vir hierdie studie was om die leerbenaderings van EBW-onderwysstudente te bepaal.Die gevalideerde Hersiene Studie Proses Vraelys soos opgestel deur Biggs et al. (2001:148) is gebruik om die leerbenaderings te bepaal. Daar is bevind dat die diepleer-benadering in al vierjare meer gebruik word as die oppervlakkigeleer-benadering en dat die diepleer-benadering tussen die eerste en die tweede jaar toeneem, maar in die derde en vierde jaar afneem, moontlik omdat studente nader aan die einde van hulle studie poog om op 'n vinnige en effektiewe wyse te studeer. Rakende korrelasies tussen akademiese prestasie en leerbenaderings is bevind dat dit slegs by tweedejaars statisties en prakties betekenisvol was. Hoe hoër hulle akademiese prestasie hoe minder het hulle van die oppervlakkigeleer-benadering gebruik gemaak. Die navorsers is van mening dat studente reeds van hulle eerste jaar af deur die gebruik van verskeie onderrigmetodes aangemoedig moet word om van die diepleer-benadering gebruik te maak.

Palabras clave : Hoëronderwysinstellings; Ekonomiese en Bestuurswetenskappe- onderwysstudente; jaargroepe; deurvloeisyfer; diepleer-benadering; oppervlakkigeleer-benadering; voorkennis; integrasie; netwerke; akademiese prestasie; Hersiene Studie Proses Vraelys.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons