SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SMITH, Susan. "Landskapverinniging" as sentrale motief in die gedig "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1213-1226. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a8.

In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die wyse waarop die slotgedig van die bundel, "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog, sentraal staan tot die ekopoëtiese tematiek en werkwyse van ingeplaast-heid wat deurlopend in die bundel na vore kom. Daar word ook na enkele ander verband houdende gedigte in die bundel verwys. Benewens die ooglopende sentrale tema van mede-menslikheid, mede-deelsaamheid en medemens-wees wat deur die bundeltitel geaktiveer word en waarop resensies (Taljard 2014, Van Vuuren 2014, Hambidge 2014 en Jacobs 2015) van die teks oorwegend gefokus het, tref Visagie (2015:229) in sy resensie-artikel onderskeid tussen die veelvuldige sinapse, oftewel "verbindings" of "samevoegings" wat ten grondslag van die bundel lê, waaronder ook verbindings met die niemenslike omgewing. Die Ander, wat implisiet deur die bundeltitel geaktiveer word, is ook die aarde en dié wat van die aarde is. Daar sal aangetoon word dat Krog ook in hierdie gedig en bundel die grense ophef tussen die menslike en die niemenslike en dat die gedig voorspraak maak vir 'n verinniging in verhoudings tussen alle materialiteite, beide menslik en niemenslik. Die teoretiese raamwerk waarbinne ek hierdie gedig ondersoek, is dié van die ekokritiek en ekopoësie waarin daar na die verhouding en interaksie tussen die mens en sy omgewing gekyk word. Aan die hand van 'n aantal kernbegrippe van die ekokritiek, naamlik vervlegting, transliggaamlikheid, die vreemde vreemdeling en vreemdmaking, ingeplaastheid, deelnemende verbeelding en diffraksie, word daar gefokus op mede-natuur en mede-omgewing en die wyse waarop dit in die slotvers funksioneer.

Keywords : Antjie Krog; Mede-wete; Synapse; ekokritiek; ekopoësie; ingeplaastheid; vervlegting; deelnemende verbeelding; diffraksie; transliggaamlikheid; materialiteit; vreemde vreemdeling.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License