Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
MEYER, Susan. Natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem: 'n Ondersoek na Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Deel 1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1200-1212. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a7.
In betreklik onlangse navorsing deur David Barnhill word 'n nuwe benadering tot natuurgesentreerde skryfwerk voorgestel. Sy navorsing dui eerstens aan dat daar in die beskrywing van die aard van natuurgesentreerde skryfwerk hoofsaaklik gesteun word op sisteme van klassifikasie. Barnhill wys egter op nadele in die taksonomie-benadering en stel voor dat 'n spesifieke natuurgesentreerde woordwerk beskou word as 'n ekosisteem. Daarmee word bedoel dat die kategorieë waarin natuurgerigte skryfwerk geplaas word wanneer die taksonomie- benadering gevolg word, veelvoudige elemente word in individuele werke en dat hierdie elemente binne elke teks saam- of op mekaar inwerk, soos die organismes in 'n ekosisteem. In hierdie ondersoek word Barnhill se teoretiese gereedskap in Deel 1 uiteengesit en in Deel 2, wat gepubliseer word in die Maart 2017-uitgawe van die tydskrif, getoets. Schalk Schoombie se debuutroman, Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens (2015) word bestudeer vanuit die hipotetiese uitgangspunt dat die teks 'n ekosisteem is ten opsigte van die kenmerkende elemente van natuurgesentreerde skryfwerk daarin.
Keywords : Schalk Schoombie; natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem; David Barnhill; ekokritiek.