Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
DU PLESSIS, Sophia and FOURIE, Johan. "'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg": 'n Statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1178-1199. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a6.
Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) wek steeds intense emosies op. Om dié rede is dit ook verstaanbaar dat 'n breë literatuur verskeie aspekte van die konsentrasiekampe en die lewe van die bewoners ondersoek. Vreemd genoeg, is een aspek wat wel agterweë gelaat is 'n kwantitatiewe ondersoek na die lengte van verblyf vir die meer as 100 000 wit mans, vroue en kinders in die kampe. Hoeveel dae is die gemiddelde kampbewoner gehuisves? Het bewoners uit die republieke of dié uit die kolonies langer aangebly? En wat was die kenmerke van bewoners wat voor die einde van die oorlog die kampe verlaat het? Duisende het ook in die kampe gesterf. Ons ontleed ook die kenmerke van hierdie groep, en werp lig op die redes vir hul tragiese einde. Deur gebruik te maak van 'n enorme datastel van kampbewoners en die statistiese hulpmiddel oorlewingsanalise, bied hierdie artikel 'n nuwe blik op n ou onderwerp en vra nuwe vrae vir toekomstige historiese navorsing.
Keywords : Konsentrasiekampe; oorlewingsanalise; Anglo-Boereoorlog; Suid- Afrika; sterfgetalle; gesondheid.