SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, Danie. Die geesteswetenskaplike agtergrond van die natuurwetenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1165-1177. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a5.

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die funderende rol van die geesteswetenskappe ten opsigte van die natuurwetenskappe. As toeligting hierop word enkele voorbeelde vermeld. Dink byvoorbeeld aan Thomas Hobbes wat die voorstaatlike natuurtoestand as 'n stryd van almal teen almal gesien het en daarmee 'n invloed op Darwin se "struggle for existence" uitgeoefen het. Hierdie invloed is versterk deur die historisme van die vroeg negentiende eeu waarin historiese veranderlikheid voorop gestel word. Plato het egter reeds ingesien dat verandering duursaamheid (konstansie) veronderstel - 'n insig wat Immanuel Kant sou verwoord in sy wet van die kontinuïteit van alle verandering. Plato se transendente ideë en Aristoteles se algemene wesensvorme het sowel die idee van tipes as van universaliteit na vore gebring, wat op hul beurt tot die "universalia"-stryd van die laat-middeleeue sou lei, met die realisme (waaronder platonisme) en nominalisme as teëgestelde pole. Dit is merkwaardig dat die moderne biologiese denke (neo-Darwinisme) nominalisties georiënteerd is terwyl die moderne wiskunde oorwegend platonisties is.

Keywords : filosofie; natuurwetenskappe; natuurlike seleksie; stryd om bestaan; verandering; konstantheid; universaliteit; individualiteit; wetmatgheid; realisme; nominalisme.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License