SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN WYK, Milton  e  LE GRANGE, Lesley. Die geleefde ervarings van primêre skoolonderwysers binne 'n kuituur van performatiwiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1149-1164. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a4.

Die doel van hierdie studie is om uiteindelik 'n diepgaande begrip te vorm oor die belewenisse van laerskoolonderwysers met betrekking tot die fenomeen van performatiwiteit en die betekenis wat hulle daaraan heg. Die navorsingsvraag is: Wat is die geleefde ervarings van primêre skoolonderwysers binne 'n kuituur van performatiwiteit. In hierdie kwalitatiewe studie word daar op die hermeneuties-fenomenologiese navorsings benadering van Van Manen (1990) gekonsentreer. Die data is ingesamel deur fenomenologiese onderhoude met die deelnemers te voer, asook vanuit die deelnemers se eie geskrewe narratiewe. Die vier fundamentele eksistensiële bestaanswyses van Van Manen (1990) is gebruik om die ontleding van die data te rig. Tydens hierdie studie is die volgende bevind: Die bestaanswyse van "geleefde ruimte" was vir die deelnemers 'n heroproep en herbeleef van werklike, emosionele ervarings wat hulle moes verduur in hul pogings om tot die performatiewe diskoers te konformeer. Die bestaanwyse van die "geleefde liggaam" het kwessies van toerekenbaarheid en fisiologiese newe-effekte na vore gebring. Die bestaanswyse van "geleefde tyd" het die deelnemers se geleefde ervarings uit hul verlede, die hede en ook die toekoms in die onderwyslandskap uitgebeeld. Die bestaanswyse van die "geleefde ander" het die interpersoonlike verhoudings tussen die deelnemers en betrokke groepe onthul.

Palavras-chave : performatiwiteit; fenomenologie; bestaanswyses; toerekenbaarheid; geleefde ervaring; onderwysers.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons