SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STELL, Gerald  and  GROENEWALD, Gerald. 'n Perseptuele verslag van Afrikaans in Namibië: Tussen lingua franca en sosiaal-ekslusiewe taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1128-1148. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a3.

Die geskiedenis van Afrikaans in Namibië begin in die laat 18de eeu, toe Kaap-Hollands oor die Oranjerivier heen versprei is deur noordwaarts-migrerende Oorlams uit die Kaapkolonie. Kaap-Hollands, en later Afrikaans, het van dié tyd af ontwikkel tot 'n medium vir interetniese kommunikasie, waarvan die oorwig verder versterk is onder die Suid-Afrikaanse bewind (ca. 1920-1990). Vandag moet Afrikaans wedywer met Engels, wat Namibië se enigste amptelike taal geword het ná die land se onafhanklikheid in 1990. Op grond van perseptuele gegewens wat verkry is by 'n steekproef vanjong Windhoekse inwoners, wys hierdie artikel dat Afrikaans in die stedelike konteks aansienlike bedekte prestige besit as 'n medium vir interetniese kommunikasie, terwyl Engels tipies gebruik word binne formele kontekste en vir kommunikasie met onlangse migrante uit die noordelike distrikte, waar Afrikaans histories minder sigbaar is. Die artikel toon ook aan dat die Kleurlingvariant van Afrikaans groter potensiaal het as Standaardafrikaans om as 'n neutrale taalkeuse te fungeer binne die interetniese konteks van kommunikasie tussen "nie-wit" etniese groepe omdat Standaardafrikaans gesien word as 'n kenmerk van lidmaatskap van die wit groep. Die posisie van Afrikaans as 'n lingua franca kan in die toekoms bedreig word deur ononderbroke migrasiestrome uit die noorde. Maar aanduidings dat taalverskuiwing dikwels plaasvind na Afrikaans (en Engels) onder lank reeds verstedelikte lede van noordelike etniese groepe, dui daarop dat daar nog ruimte is vir die status quo.

Keywords : Namibië; sosiolinguistiek; Afrikaans; Engels; etnisiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License