SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. Onderweg na 'n Christelik-filosofiese analise van evolusie en evolusionisme: Die bydrae van 'n konsekwent probleem-historiese metode. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1091-1112. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a1.

Hierdie bydrae soek na helderheid oor die filosofiese grondslae of uitgangspunte van die hedendaagse steeds gewilde evolusieteorieë en evolusionistiese lewensvisies asook die verskil tussen evolusie of wording en evolusionisme. Op dié wyse wil dit ook vir Christene en Christendenkers, onder wie daar nog steeds groot verwarring oor die aangeleentheid heers, van hulp wees. Met die oog daarop word drie nog ongepubliseerde lesings oor die evolusionisme wat die Christelike wysgeer, Dirk H. Th. Vollenhoven (1892-1978), in 1963 by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO gelewer het hier bekend gestel en ontleed. Om sy filosofiese analise goed te kan begryp, word ter inleiding eers die hoofkontoere van sy konsekwent probleem-historiese metode uiteengesit. Die eerste hoofafdeling handel daarna oor vyf filosofiese voorvereistes vir die ontstaan van die evolusionisme in die algemeen, naamlik 'n genetiese denkwyse, vooruitgangsgeloof, 'n positivistiese en monistiese filosofie asook die aanvaarding van kontinuïteit tussen ten minste twee van die ryke van stof, plant, dier en mens. Die tweede afdeling toon aan hoe verskillende ontiese en antropologiese uitgangspunte tot 'n verskeidenheid evolusionismes lei. Onder hulle was ook dié van Hitler se rassistiese nasionaal-sosialisme. Die derde hoofafdeling bied Vollenhoven se eie standpunt teenoor die voorafgaande. Hy aanvaar wel evolusie of transformasie binne dieselfde ryk, maar nie evolusionisme of transformisme wat die ryke sou transendeer nie. Vanuit sy eie filosofie bied hy ook nuwe insigte oor die verskil tussen die stryd om bestaan en aanpassing.

Keywords : Aanpassing; Christelike standpunt; evolusie; evolusionisme; eksperi-mentele metodes; filosofie; konsekwent probleem-historiese metode; kosmogoniese denke; kosmologiese denke; mitologiserende denke; monisme; nasionaal-sosialisme; parallelisme; positivisme; prioriteits-leer; rasionalisme; teties-kritiese metode; transformasie; transformisme; vooruitgangsgeloof; wisselwerkingsteorieë; wording.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License