SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU PLESSIS, Theodorus. Taalbeleidshersiening aan die Universiteit van die Vrystaat, 2003-2015. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.1048-1070. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a11.

Die artikel bied 'n oorsig van taalbeleidshersiening aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) vanaf die inwerkingtreding van die universiteitsraad se 2003-taalbeleid tot en met die aanvaarding van 'n totaal nuwe beleid in Maart 2016. Hierdie oorsig geskied teen die agtergrond van teoretiese insigte oor die rol van die evaluering van beleidsimplementering by beleids-hersiening aan hoëronderwysinstellings. Die onderliggende vraag wat aan die hand van relevante dokumentasie in die openbare ruimte ondersoek word, is waarom die UV nie eerder ag geslaan het op gevaartekens met betrekking tot die toepaslikheid van 'n beleid wat onder ander omstandighede ingestel is nie. Spesifiek die rol van regulatiewe faktore by effektiewe beleidshersiening word oorweeg aan die hand van 'n analise van eksterne kernverslae, wat reeds sover terug as 2006 leemtes aangedui en bepaalde regstellings van die UV verwag het. Die aanloop tot die verrassende 2015-taalbeleidshersiening word in besonderhede nagegaan ten einde die hele hersieningsproses te kon rekonstrueer. Onder meer word bevind dat die UV wel in 2010 en 2012 formeel taalbeleidshersienings aangepak het wat 'n meer pragmatiese benadering tot taalbeleidsimplementering tot gevolg gehad het. Die artikel bevind dat die universiteitsbestuur as gevolg van 'n mate van versuim om meer daadwerklike taalbeleids-wysiginge deur te voer, uiteindelik onkant gevang is deur 'n toenemende aandrang op transformasie. Deur waarskynlik te help skep aan 'n ongunstige denkklimaat oor die posisie van Afrikaans kon die leierskap daarin slaag om sonder enige hersiening die bestaande tweetalige taalbeleid van die tafel te vee en met n grootliks eentalige beleid te vervang.

Palavras-chave : Dubbelmediumonderrig; Eentaligheid; Meertaligheid; Multikulturaliteit; Veeltaligheid; Onderrigmedium; Onderwystaalbeleid; Parallelmedium-onderrig; Taalbeleid; Taalbeleid hoër onderwys; Taalbeleidevaluering; Taalbeleidshersiening; Taaldiversiteit; Tweetaligheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons