SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, Hannes  e  STEYN, Hennie. Afrikaans as taal van onderrig en leer in skole en ander onderwysinstansies: "Ou" wyn in nuwe sakke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.1034-1047. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a10.

Die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika van ongeveer 8.9 miljoen mense vorm 'n beskeie deel van die totale bevolking van meer as 54 miljoen. As gevolg hiervan, maar ook as gevolg van politieke druk van die ander bevolkingsgroepe en van die regering van die dag om toegang tot goeie onderwys vir kinders van alle bevolkingsgroepe te verseker, het die getal van Afrikaansmediumskole verminder van 2 521 in 2010 tot die huidige getal van 2 166. As hierdie neiging voortduur, kan dit meebring dat Afrikaansmediumskole binne die volgende paar dekades mag verdwyn en die gevaar is dat Afrikaans as 'n gesproke taal in Suid-Afrika mag kwyn. Hierdie gevare vir Afrikaans, ook as taal van onderrig en leer in skole en in ander onderwysinstansies, noop die Afrikaanse gemeenskap om 'n ander benadering te volg ten einde die taal te beskerm, bevorder en uit te bou. Daar is aanduidinge dat 'n taalregtebenadering tot die probleem tot dusver nie goeie vrugte afgewerp het nie, onder meer weens 'n onwilligheid en 'n onvermoë aan die kant van die landsowerheid om die taalregte met betrekking tot Afrikaans en die ander nege inheemse tale te beskerm en te bevorder. Hierdie artikel ondersoek derhalwe die gedagte van 'n taalburgerskapsbenadering, wat nie 'n nuwe gedagte is nie, maar hier vanuit 'n minder bekende perspektief benader word. Nuwe lig word op die probleem gewerp deur die situasie van Afrikaans te bekyk deur die lens van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie. Hierdie heuristiese instrument bring nie slegs nuwe insigte na vore met betrekking tot die probleem nie, maar bied 'n relatief eenvoudige strategiese plan aan die Afrikaanse gemeenskap om die status van Afrikaans vir die toekoms te verseker, onder meer as taal van onderrig en leer in skole, en ook om die behoud van Afrikaansmediumskole en ander Afrikaansmedium-onderwysinstansies te verseker.

Palavras-chave : taalregte; menseregte; taalburgerskap; Afrikaans; taal van onderrig en leer; kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie; minderheidstale.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons