SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, Johannes L  and  WOLHUTER, Charl C. Eerste taal as onderrigmedium in hoër onderwys: 'n Internasionale perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.1016-1033. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a9.

Die doel van hierdie artikel is om die vraagstuk van die eerste taal as medium van onderrig op universiteitsvlak in Suid-Afrika te belig deur middel van internasionale historiese en vergelykende perspektiewe. Min minderheidstale kon tot dusver daarin slaag om te vorder tot op die vlak van medium van universiteitsonderrig. Hierdie toedrag van sake hou verband met die politieke funksie van formele onderwysinstellings. In Suid-Afrika word die handhawing en uitbouing van Afrikaans as medium van universiteitsonderwys nog verder bemoeilik deur die waarde van Engels in die nasionale en internasionale arbeidsmark, en deur die huidige posisie van Engels as lingua franca van die internasionale akademiese wêreld. Beoordeel vanuit die internasionale ondervinding, sal die verlies aan Afrikaans as medium van universiteitsonderwys egter 'n hele reeks nadelige gevolge vir die Afrikaanssprekende gemeenskap en selfs wyer as net die Afrikaanssprekende gemeenskap hê. Die artikel sluit af met 'n identifisering vanuit die internasionale ondervinding van riglyne vir die wyse waarop die Afrikaanssprekende gemeenskap hom kan beywer vir die behoud van Afrikaans as taal van universiteitsonderwys; dog sonder prysgawe van die voordele wat Engels bied as medium van universiteitsonderwys.

Keywords : Afrikaans; hoër onderwys; internasionaal-vergelykende perspektiewe; multikulturele onderwys; onderwys; taal van onderrig en leer; universiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License