SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN COLLER, H.P.. Perspektiewe op Afrikaans as 'n taal vir uni-versiteite. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.998-1015. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a8.

In hierdie artikel word gefokus op die "Afrikaanse universiteit" - of eerder die Suid-Afrikaanse universiteit waar Afrikaans as onderrigmedium gebruik word. Hierdie fokus veronderstel egter 'n historiese terugblik enersyds op die universiteit en sy ontwikkeling en andersyds op die situasie betreffende die moderne universiteit in wyer verband. Die Middeleeuse universiteit het sy oorsprong gehad in die kloosterskole waar sogenaamde magisters onderrig gegee het aan uitgesoekte leerlinge; die eksklusiewe aard van hoër onderwys was van meet af aan η gegewe. Die stigting van die Universiteit van Berlyn (1809) deur Wilhelm von Humboldt (1767-1835) - na wie die universiteit ook later vernoem is - word allerweë beskou as belangrik omdat dit as model gedien het vir verskeie moderne universiteite wat daarna hul beslag gekry het. Sy ideaal was om die wetenskappe te integreer met navorsing en die verwerwing van algemene geleerdheid en kulturele kennis. Hierdie holistiese strewe na geleerdheid word in Duits "Bildung" genoem. Die moderne negentiende-eeuse universiteit was 'n produk van nasionale state en diensbaar daaraan (ook wat betref die taalmedium). Wanneer na die moderne universiteit gekyk word, ook in Suid-Afrika, is die Bildungsideaal skynbaar steeds springlewen-dig. In Verbrugge & Van Baardewijk (2014) klink daar op verskeie plekke egter 'n klaagsang op oor die gebrek aan Bildung in die moderne universiteit weens publikasiedruk en die toespitsing op navorsing alleen, groeiende studentegetalle en sakebeginsels wat sito-sito op universiteite afgedruk word. Massifikasie van die onderwys vorm inderwaarheid skering en inslag van hoër onderwys in Suid-Afrika. Hierdie toestroming van studente het ook didaktiese gevolge soos oorvol klaslokale en die gevolglike onpersoonlikheid van lesings. Afrikaans word dikwels gesien as uitsluitend, maar ook die verhoogde klasgeld is 'n hindernis. Daarom word die twee dinge dikwels geskakel in die hele #FeesMustFall-veldtog. Frantz Fanon (1925-1961), 'n Afro-Karibiese psigiater en filosoof, het in sy geskrifte oor onder andere die psigiese gevolge van kolonialisering 'n belangrike invloed uitgeoefen op postkoloniale studies en Marxisme. As 'n radikale politieke denker het hy geweld as 'n legitieme middel beskou om bevryding van 'n koloniale moondheid te bekom. Jong swart radikales in Suid-Afrika vind groot aanklank by sy denke. Fanon word op bykans elke wetenskapsterrein deur jong, swart intellektueles (her)ontdek, met die gevolg dat reaksionêre optrede deels verklaarbaar is. In 'n samelewing waar migrasie aan die orde van die dag is, is horisontale mobiliteit belangrik en dit noodsaak opleiding in een taal: Engels. Die hedendaagse universiteit word veelal bedryf as sosio-ekonomiese (eerder as akademiese instelling) en rig hom in baie opsigte na die markte en samelewingsbehoeftes/-probleme, wat alles Engels die taal van globalisering en inter-nasionalisering bevoordeel. Ten slotte word die vraag na die reg van Afrikaanse universiteite aan die orde gestel. n Mens kan hierdie vraag uit ten minste drie perspektiewe of fokushoeke bekyk: die demokratiese fokus; die taal-sosiologiese fokus en die pragmatiese fokus. Die artikel word afgesluit met die gevallestudie van die Universiteit van die Vrystaat en met die imperatiewe vir enige universiteit wat wil voortgaan om Afrikaans te benut as onderrigmedium.

Palabras clave : Afrikaans as onderrigmedium; Hoër onderwys; Suid-Afrikaanse universiteitswese; Taalsosiologie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons