SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

HEYNS, Michael. Vryheid en idee: Beurtsang vir die universiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.961-979. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/V56N4-1A6.

Aan die einde van 2015 het studenteprotes deur Suid-Afrika gespoel - hoër onderwys is té duur. Dit het universiteite in 'n finansiële krisis gelaat. Die indruk is dat een van die grondoorsake van die krisis 'n etos van ekonomistiese dwang is. In die artikel word geargumenteer dat 'n dualistiese dialektiek tussen n natuurnoodwendig-agtige ekonomisering en menslike vryheid nie veel doen om hierdie krisis te ontknoop nie. Vir laasgenoemde sal n veel duideliker raamwerk van die normatiewe soortlikheid van universiteite, of dan die idee van 'n universiteit, weer deel van die openbare gesprek oor die saak moet word.

Keywords : Idee van 'n universiteit; Ekonomisering; Vryheid; Nie-reduksie; Normatief; Rigting; Soortlikheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License