SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1The nature, essence and role of the South African universities in a developing countryRadical post-colonialism and universities in South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DUVENHAGE, André. Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing: Enkele strategiese perspektiewe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.905-927. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a3.

Hierdie artikel het as fokus die rekonstruksie en interpretasie van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing in 2016 en die strategiese implikasies hiervan. Daar is konsensus vanuit talle oorde dat die politieke omgewing in Suid-Afrika tans besig is om meer onstabiel te raak. Daar word selfs van 'n "perfekte storm" gepraat. Uitkomstes van hierdie politieke trajek sluit in patrone van politieke en sosiale onstabiliteit, die sekurokratisering van die staat en 'n postkoloniale dinamika wat homself laat geld met as fokus 'n sterk anti-koloniale en anti-westerste sentiment. Kombinasies van hierdie faktore skep tans 'n omgewing van groot politieke onstabiliteit en onsekerheid met verreikende implikasies vir alle sosiale instellings met inbegrip van hoëronderwysinstellings in die algemeen en universiteite in besonder. Tot onlangs was universiteite slegs op 'n beperkte en soms indirekte wyse blootgestel aan die dinamiese kragte wat hulself in die politieke omgewing begin vestig het. Dit het egter onherroeplik tydens 2015 verander met die #RhodesMustFall en #FeesMustFall veldtogte in samehang met die aandrang op die radikale transformasie van die universiteitsomgewing. Met die finalisering van hierdie artikel het #FeesMustFall 2 begin en is patrone van rewolusionêre geweld besig om drasties te eskaleer en word bykans alle universiteite direk of indirek hierdeur geraak. Verreikende politieke, ekonomiese en sosiale drywers van verandering is tans prominent met as uitkoms n patroon van dinamiese ekwilibrium ("punctuated equilibrium"). Hierdie artikel analiseer die bogenoemde drywers van verandering en die moontlike uitkomstes hiervan. Die implikasies hiervan vir Universiteite word ten slotte toegelig.

Palabras clave : Politieke onstabiliteit; onderbroke ekwilibrium; sekurokratisering; Suid-Afrikaanse politiek; Universiteite.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons