SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SMIT, Flip. Die aard, wese en rol van die Suid-Afrikaanse universiteite in 'n ontwikkelende land. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.887-904. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a2.

Die studenteproteste aan die begin van 2015 en met die aanvang van die 2016-akademiese jaar het die universiteite tot in hul fondamente geskud. Die outonomie van universiteite is 'n nekslag toegedien toe die voorgestelde klasgeldverhogings tot 0%-verhoging wegonderhandel is. Daar is 'n volgehoue aandrang dat universiteite meer studente en veral meer swart studente moet toelaat. Die staatsbydrae het egter nie met die toename in studentegroei tred gehou nie. Klasgelde moes noodwendig verhoog word. Daar is egter twyfel of klasgelde in die toekoms verhoog sal word. Die universiteite betree dus 'n onsekere toekoms. Sonder drastiese herstrukturering en meer realistiese toelating van studente sal meer geld nie die probleme oplos nie. Die aandrang op transformasie bring groot onsekerheid by personeel en standaarde is ook in gevaar. Akademici moet akademiese vryheid aangryp en hierdie selfvernietigende proses op wetenskaplike wyses teenstaan.

Palavras-chave : Universiteite; studenteproteste; massa hoër onderwys; klasgeld; outo-nomie; transformasie; subsidie; onderrig; navorsing; rangorde; akade-miese vryheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons