SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MCLACHLAN, JD (Tom). Standard Afrikaans, standard spelling and the Afrikaans word list and spelling rules (AWS). Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.477-502. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a11.

^laf^aDie standaardisering van Afrikaans tot die Standaardafrikaans wat ons vandag ken, is 'n komplekse en dikwels omstrede saak. Die hedendaagse omstredenheid van en kritiek teen Standaardafrikaans kom nie in hierdie artikel aan bod nie. Sonder om verder daarop in te gaan, word aanvaar dat daar in die loop van min of meer 'n eeu 'n standaardvorm ontwikkel is uit die vroeë Afrikaans-Hollandse taalvorme wat hier te lande gebesig is en dat dié standaardisering geslaagd was omdat Standaardafrikaans hom vir die grootste deel van 'n eeu doeltreffend naas Engels kon handhaaf in die hoër funksies van n taal, soos die staatsbestel, die regspleging, die (hoër) onderwys, die wetenskap en die letterkunde. Vir hierdie artikel word eweneens aanvaar dat die standaardvariëteit van n taal kwalik suksesvol kan funksioneer sonder 'n doeltreffende ortografie en dat die standaardisering van die Standaardafrikaanse ortografie daarom 'n wesenlike rol in die proses van die standaardisering van Afrikaans gespeel het. Die ortografiese standaardiseringsproses word beskou aan die hand van die tien uitgawes van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Daar word aangetoon dat die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling, wat deur al tien AWS'e inhoudelik dieselfde gebly het, enersyds gehelp het om die verafrikaansing van "vreemde woorde" te rig en te vestig, en andersyds n merkwaardig stabiele spellingsisteem tot stand gebring het. Die ontwikkeling van die AWS - by name die deurlopende presisering en verfyning van die spelreëls, en die bydrae daarvan tot die standaardisering van Afrikaans - word aan die hand van die tien uitgawes aangetoon.^len

Palavras-chave : Af-ikaanse woordelys en spelreëls; Afrikaansification; A WS; basic principles; foreign words; language commission; principle of similarity; received standard; Simplified Dutch Spelling; spelling commission; spelling rules; spelling system; Standard Afrikaans; standardisation; standard variety; vocabulary commission; word list.

        · resumo em Africaner     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons