SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MCLACHLAN, JD (Tom). Standaardafrikaans, standaardspelling en die AWS. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.477-502. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a11.

Die standaardisering van Afrikaans tot die Standaardafrikaans wat ons vandag ken, is 'n komplekse en dikwels omstrede saak. Die hedendaagse omstredenheid van en kritiek teen Standaardafrikaans kom nie in hierdie artikel aan bod nie. Sonder om verder daarop in te gaan, word aanvaar dat daar in die loop van min of meer 'n eeu 'n standaardvorm ontwikkel is uit die vroeë Afrikaans-Hollandse taalvorme wat hier te lande gebesig is en dat dié standaardisering geslaagd was omdat Standaardafrikaans hom vir die grootste deel van 'n eeu doeltreffend naas Engels kon handhaaf in die hoër funksies van n taal, soos die staatsbestel, die regspleging, die (hoër) onderwys, die wetenskap en die letterkunde. Vir hierdie artikel word eweneens aanvaar dat die standaardvariëteit van n taal kwalik suksesvol kan funksioneer sonder 'n doeltreffende ortografie en dat die standaardisering van die Standaardafrikaanse ortografie daarom 'n wesenlike rol in die proses van die standaardisering van Afrikaans gespeel het. Die ortografiese standaardiseringsproses word beskou aan die hand van die tien uitgawes van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Daar word aangetoon dat die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling, wat deur al tien AWS'e inhoudelik dieselfde gebly het, enersyds gehelp het om die verafrikaansing van "vreemde woorde" te rig en te vestig, en andersyds n merkwaardig stabiele spellingsisteem tot stand gebring het. Die ontwikkeling van die AWS - by name die deurlopende presisering en verfyning van die spelreëls, en die bydrae daarvan tot die standaardisering van Afrikaans - word aan die hand van die tien uitgawes aangetoon.

Keywords : Afrikaanse woordelys en spelreëls; AWS; beginsel van gelykvormigheid; eienaamreël; grondbeginsels; sistematiese veranderinge; skryfwyse; Spellingkommissie; spelreëls; Standaardafrikaans; standaardisering; standaardvariëteit; Taalkommissie; verafrikaansing; Vereenvoudigde Hollandse Spelling; vreemde woorde; woordelys; Woordelyskommissie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License