Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
VAN HUYSSTEEN, Gerhard B; BOTHA, M and ANTONITES, Alex. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en markbehoeftes in die Afrikaanse gemeenskap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.410-437. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/V56N2-1A8.
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste. Ten einde verantwoorde keuses met betrekking tot VivA se produk- en diensaanbod te maak, is kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing gedoen om tekortkominge in die Afrikaanse mark van digitale taalprodukte te bepaal. Sewe temas is uit die fokusgroepgesprek geïdentifiseer. Een van die belangrikste bevindinge is dat 'n groot deel van die Afrikaanse gebruikers in hierdie steekproef nie geweet het van die Afrikaanse Wiktionary en Wikipedia nie. Dit het duidelik geblyk dat Afrikaanse gebruikers veral n behoefte het aan vier elektroniese Afrikaanse hulpmiddels, te wete 'n aanlyn/mobiele weergawe van Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; 'n Afrikaanse grammatikatoetser; 'n terminologiebank; en outomatiese vertaalhulpmiddels. Ofskoon die meerderheid respondente n redelik negatiewe belewenis met betrekking tot outomatiese vertaalhulp gehad het, is bevind dat n beduidende aantal tog positief daaroor is en n sterk behoefte aan so n hoëkwaliteitproduk het. Op grond van hierdie navorsing is die markbehoeftes van die Afrikaanse gemeenskap bepaal en verskeie produkte en dienste is voorgestel. Ten einde aan die geïdentifiseerde markbehoeftes te voldoen, sluit VivA se aanvangsprodukte en -dienste onder andere die volgende in: Woordeboekportaal; Taalportaal; Adviesportaal; Korpusportaal; en Inligtingsportaal.
Keywords : Afrikaans; marknavorsing; markbehoefte; tegnologie; mensetaaltegnologie; mobiele toepassing; woordeboek; taaladviesdiens; terminologie; grammatika; Wikipedia; Wiktionary; Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA); Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV); Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Noordwes-Universiteit (NWU); Dagbreek Trust; Taalportaal.