SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-1Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

PRETORIUS, Laurette. Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.371-390. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a6.

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal tot 'n volledige onderwys-, wetenskaps- en kultuurtaal ontwikkel. Tog is Afrikaans in die fisiese ruimte waarin sy sprekers hulle bevind, toenemend onder druk en word sy amptelike gebruik weereens bedreig. Vanweë die tegnologiese voortuitgang op die gebied van telekommunikasie en rekenaarnetwerke, die Internet en die Wêreldwye Web het daar in die afgelope 15 jaar 'n digitale ruimte (kuberruimte) ontstaan waarbinne ook Afrikaanssprekendes toenemend leef. Hierdie artikel beskou die posisie van Afrikaans in hierdie digitale ruimte. Onlangse gesaghebbende navorsing deur András Kornai (2013) het aangetoon dat die bestaan van 'n groot, hoëgehalte-, groeiende Wikipedia n noodsaaklike voorwaarde is vir die digitale groeikrag van n taal. In hierdie artikel word die Afrikaanse Wikipedia van nader beskou. Ons toon aan dat dit nog nie omvangryk genoeg is om Afrikaans volledig in die digitale ruimte te vestig nie. Die rol van die Afrikaanse Wikipedia, beide as enorme oop en vrye aanlynensiklopedie en as spilpunt van die Semantiese Web en web-skaal taalhulpbronne en taaltegnologie, word uiteengesit. Praktiese riglyne vir hoe elke Afrikaans-sprekende betrokke kan raak by die ontwikkeling van die Afrikaanse Wikipedia, word kortliks bespreek. Die artikel kom tot die slotsom dat n soort digitale taalbeweging met die ontwikkeling van die Afrikaanse Wikipedia as fokus nodig is om die posisie van Afrikaans in die digitale ruimte te verseker en vol te hou.

Palavras-chave : Afrikaans; Wikipedia; aanlynensiklopedie; taaluitbou; digitale groeikrag; fisiese ruimte; digitale ruimte; Internet; Wêreldwye Web; Semantiese Web; digitale taalhulpbronne; taaltegnologie; DBpedia; inhoudsvertaling; digitale taalbeweging.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons