SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-1Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, J.C.. N.P. van Wyk Louw se opvattings oor taalbewegings en die behoud van Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.335-354. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a4.

Die digter N.P. van Wyk Louw het hom in verskeie opstelle en praatjies uitgelaat oor klein volke en tale, taalbewegings, taalstryde en nasionalisme en die voortbestaan van Afrikaans. In hierdie artikel word op grond van sy siening van taalbewegings en sy opvattings oor nasionalisme gelet op die faktore wat bydra tot die welslae van 'n taalbeweging. Hy betoog met voorbeelde dat 'n taalbeweging slegs kan begin wanneer histories bewuste intellektuele bekommerd is oor die taal en die taalgemeenskap en planne maak om die taal te behou en die gemeenskap op te hef. 'n Taalbeweging het 'n kans op welslae wanneer dit 'n "staatkundige stut" kan bekom en dus nie polities so magteloos is dat dit nie regeringsbesluite kan beïnvloed nie. Volgens Louw is 'n taalbeweging se kans op welslae die beste wanneer die beweging dit kan regkry om die strewe na die bevordering van die taal te verbind met die bemagtiging van die minder bevoorregte lede van die gemeenskap. Hy illustreer laasgenoemde stelling met 'n oortuigende verwysing na die vordering van Afrikaans in die eerste helfte van die twintigste eeu. Sonder om na enige taal te verwys meen hy ook dat dit noodlottige gevolge vir 'n klein gemeenskap kan hê om in 'n meertalige land onregverdig teenoor ander groepe op te tree.

Palabras clave : N.P. van Wyk Louw; Afrikaans; taalbeweging; nasionalisme; Afrikaner-nasionalisme; taalgetrouheid; taalgemeenskap; Afrikaners [Afrikaans-sprekendes].

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons