Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
ALBERTS, Marietta. Die ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekoms. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.314-334. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a3.
Die vertrekpunt van vaktaalontwikkeling is die konsepte onderliggend aan 'n bepaalde vakgebied. Unieke, veeltematiese vaktaalprodukte word benodig vir bepaalde teikengebruikersgroepe met spesifieke belange by bepaalde vakgebiede en tale. Vaktaalontwikkeling in Suid-Afrika geskied binne die konteks van die taalbeleid van die regering. Ten spyte van magtigende wetgewing, en ook die nasionale Grondwet, wat die talebestel beskerm en die bevordering van die amptelike tale behoort te bevorder, is dit vir die ander amptelike tale uiters moeilik om aan die hegemonie van Engels te ontkom. Primêre termskepping geskied in Engels, en termekwivalente word deur sekondêre termskepping in Afrikaans en die Afrikatale bygevoeg. Ondanks die bestaan van verskeie koördinerende vaktaalliggame, was en is daar steeds duplisering van vaktaalprojekte. Die mandaat van die nasionale terminologiekantoor verskil van dié van sy voorgangers, en die kantoor gee slegs aandag aan staatsprojekte. Daarbenewens dokumenteer verskeie taalkantore, sentra, uitgewers en individue terminologie, en is fondse deur die Departement van Hoër Onderwys bewillig om 'n veeltalige oop termbank vir hoër onderwys te vestig, aangesien vaktaalontwikkeling vir sowel taal- as vakgerigte departemente by tersiêre instansies belangrik is. n Verskeidenheid van datavasleggingsprogrammatuur word gebruik, en indien hierdie programmatuur versoenbaar is, kan data maklik uitgeruil en gedissemineer word. Data behoort gedigitaliseer en oop te wees vir vrye toegang en algemene gebruik. Indiens- en tersiêre opleiding in die teoretiese en praktiese begronding van terminologie/ terminografie is noodsaaklik. Die kundigheid van akademici, vakkundiges en taalpraktisyns (ook afgetredenes) behoort by vaktaalontwikkeling benut te word om meertalige en veeltematiese terminologie te ontwikkel. Hierdie medewerkers behoort vir hul werk vergoed te word. Sonder vaktaal kan daar nie sprake wees van behoorlike vakkommunikasie nie.
Palabras clave : behoeftebepaling; brontaal; doeltaal; ontologie; taalpraktisyn; term; termlys; terminografie; terminologie; vakgerigte kommunikasie; vakkomitee; vakkundige; vaktaal; vaktaalontwikkeling; vakwoordeboek; veeltematies; wetgewing.