SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN COLLER, H.P.  e  VAN JAARSVELD, Anthea. Deiktiese patrone in die verfilming van J.M. Coetzee se Disgrace (2008). Deel 2. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.3, pp.844-855. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n3a8.

In hierdie tweede deel van die artikel staan die verfilming van J.M. Coetzee se gelyknamige roman sentraal. Die vertelsituasie in die tradisionele Afrikaanse plaasroman is die ouktoriële (ook bekend as die alwetende) verteller. In die verfilming van Disgrace word telkemale gefokus uit die subjektiewe perspektief (in die prosa-teorie staan dit bekend as die personale vertelswyse) van David Lurie. Daardeur staan die gebrek aan logika voorop; die traumatiese persoonlike ervarings van 'n buitestaander- individu belas met eksistensiële angs. In die ouer plaasroman en film word gewoonlik gesuggereer dat die plaas die sentrum van die universum is: daarvandaan word vertrek (gewoonlik deur ʼn seun of dogter wat hulle heil in die stad gaan soek), maar daarheen sal ook teruggekeer word; die narratologiese struktuur is daarom ook siklies en tipies van hierdie grondpatroon van wording, evolusie en verkryging. In Disgrace vind presies die teenoorgestelde plaas: die narratologiese struktuur dui eerder op devolusie: Paradise Lost; verwording, devolusie en verlies staan voorop (hier van materiële dinge soos status, posisie, maar ook van trots, liefdesgeluk én geborgenheid). Die plaas is geen veilige ruimte meer nie; dit word plek van vertrek eerder as verblyf; die lokale word omvorm en wyk voor die universele waarheid. In die artikel sal gekonsentreer word op die wyse waarop die kinematografiese elemente van die film hierdie onderskeie boodskappe tuisbring, nie net deur handelingspatrone nie, maar veral deur die wyse waarop die kamera gemanipuleer word.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons