SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

PRETORIUS, Chrisma. Die ervaring van aktiewe betrokkenheid by ʼn aanlyn Facebook-ondersteuningsgroep as ʼn vorm van ondersteuning vir individue wat met Meervoudige Sklerose gediagnoseer is. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.3, pp.809-828. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n3a6.

Hierdie studie benut 'n kwalitatiewe metodologie om 'n grootliks onverkende onderwerp, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd te ondersoek. Bestaande navorsing oor ondersteuningsnetwerke vir mense met meervoudige sklerose (MS) is beperk. Die doel van die studie was om die ervarings van aktiewe betrokkenheid by ʼn aanlyn Facebook-ondersteuningsgroep vir individue wat met MS gediagnoseer is, te ondersoek. Die studie fokus spesifiek op die hulpbronne, asook die uitdagings verbonde aan die aktiewe betrokkenheid by hierdie groep. Tematiese ontleding is gebruik om tien semi-gestruktureerde onderhoude met individue wat met MS gediagnoseer is en aktief by ʼn aanlyn Facebook-ondersteuningsgroep betrokke is, te ontleed. Verskeie temas het in die studie na vore gekom. Die temas sluit verskeie vorms van ondersteuning in, naamlik emosionele, instrumentele, inligtings- en waarderingsondersteuning sowel as sosiale kameraadskap. ʼn Aantal uitdagings is ook geïdentifiseer en sluit emosionele uitdagings, beperkte inligting, onderlinge vergelyking en ʼn behoefte aan persoonlike kontak in. Hierdie studie is die eerste van dié aard en voorsien dus ʼn platform om MS-lyers se ervarings van aanlyn ondersteuningsgroepe te verstaan. Die bevindinge van hierdie studie ondersteun verder oor die algemeen wat in die bestaande literatuur rapporteer word oor die ervarings van mense met ander kroniese siektetoestande en dra dus by tot die beperkte navorsing wat tot op hede daaroor beskikbaar is. Laasgenoemde kan heel moontlik gesien word as een van die belangrikste bydraes van hierdie studie, gegewe die eksponensiële groei in die gebruik van aanlyn ondersteuningsgroepe onder mense met verskeie kroniese siektetoestande wêreldwyd. Dit is my hoop dat die perspektiewe van die MS-lyers wat aangebied is in hierdie studie sal voortgaan om bewustheid te verhoog oor hierdie degeneratiewe toestand en verder ʼn opvoedkundige bydrae sal lewer tot die medici, familie en vriende van diegene met MS. Op ʼn praktiese vlak kan hierdie studie veral ʼn bydrae lewer tot gesondheidsorgwerkers wat met MS-lyers werk, deur hulle in te lig oor die waarde wat hierdie tipe van aanlyn ondersteuningsgroep vir MS-lyers kan hê. Die gesondheidsorgwerkers kan weer mense met MS aanmoedig om deel te neem aan hierdie tipe aanlyn ondersteuningsgroepe en sodoende ʼn positiewe bydrae maak tot die ondersteuning wat hulle ontvang.

Palavras-chave : meervoudige sklerose; ondersteuningsgroepe; ondersteuning; hulpbronne; uitdagings; aanlyn ondersteuningsgroep.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons