SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN COLLER, H.P.  y  VAN JAARSVELD, Anthea. Deiktiese patrone in die verfilming van J.M. Coetzee se Disgrace (2008). Deel 1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.710-724. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a12.

In hierdie artikel word J.M. Coetzee se bekende roman Disgrace (1999) eerstens ontleed en daarna word ook die verfilming daarvan in 2008, onder die loep geneem. Coetzee self het in sy werk uit 1988, White Writing, gesaghebbend geskryf oor die Afrikaanse plaasroman en ook oor die romans van C.M. van den Heever, 'n seminale skrywer binne hierdie sub-genre. Sentrale begrippe binne die Afrikaanse plaasroman is erfopvolging, wat daarvan uitgaan dat die plaas 'n onvervreembare ruimte is wat deur erfopvolging oorgaan van vader na seun (Coetzee praat van lineal consciousness), die oorheersing van patriargale waardes en die plaas as idilliese ruimte, maar ook as hiërargies gestruktureerd met die eienaar as Middeleeuse lyfheer en al die lyfeienes op feodale wyse as onderhoriges: bywoners én arbeiders. Daar word in hierdie studie uitgegaan van verskeie hipotetiese aannames: dat Coetzee in sy roman voorkennis verwag van sy leser (ook van die aard van die Afrikaanse plaasroman) en dat sy roman inderwaarheid 'n parodie van hierdie sub-genre is. Dit word teoreties verduidelik aan die hand van teorieë van onder meer Hall, Bourdieu en Even-Zohar. Voorts word die kinematografiese narratief teoreties belig en aangevoer dat kommunikasie deikties van aard is deurdat semiotiese tekens nie gedekodeer kan word sonder bepaalde voorkennis asook kontekstuele kennis nie. Vervolgens word die film Disgrace (2008) ontleed, maar veral dan as persiflage/parodie van die plaasnarratief. Hierdie film werk met vaste topoi van die plaasroman-genre: die patriargie, erfopvolging, sosiale stratifikasie (van spesifiek eienaar en bywoners), die opposisie: plaas/stad, en die belang van die ruimtelike, maar op duidelik parodiërende wyse.

Palabras clave : Afrikaanse plaasroman; deiktiese patrone; film as narratief; film-semiotiek; representasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons