SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DEN BERG, Cllliers. Histerie en Perversie (deel I): Enkele teoretiese opmerkings oor slagofferskap binne traumadiskoerse. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.693-709. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a11.

In deel I van hierdie tweeledige studie word op slagofferskap as identiteitsmerker binne die konteks van traumadiskoerse gefokus. Die subjek se identiteitsvorming word vanuit 'n Lacaniaanse en Žižekiaanse perspektief omskryf en die "interpellasie" van die subjek as grondliggend tot laasgenoemde se oriëntasie binne die diskoers van die Simboliese Orde beoordeel. Histerie en perversie verteenwoordig twee reaksies van die subjek op enige toegeskrewe identiteit en indien identiteit aan slagofferskap gekoppel word, dus ook twee reaksies hierop. Waar die subjek met 'n histeriese reaksie die slagoffersidentiteit problematiseer, behels 'n perverse reaksie juis die totale verinnerliking daarvan. Deur na LaCapra se onderskeid tussen strukturele en historiese trauma te verwys, kan die verhouding tussen hierdie traumaregisters gebruik word om histerie en perversie in terme van slagofferskap toe te lig. Vervloei die twee met mekaar word 'n perverse reaksie ontlok; word die onderskeid gehandhaaf, is die reaksie eerder histeries. Die hipotese wat volg is dat die universalisering van trauma en slagofferskap in 'n hedendaagse tydsgewrig 'n klemverskuiwing vanaf histerie na perversie fasiliteer.

Palabras clave : histerie; perversie; slagofferskap; trauma; Lacan; Žižek; LaCapra; identiteit; subjek; interpellasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons