SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOUBSER, Annemarie; PIENAAR, Anita E  y  KLOPPER, Audrey. Die verband tussen geselekteerde biografiese veranderlikes en Graad R-onderwysers se houding teenoor die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van Graad R-leerders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.678-692. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a10.

Die ontwikkeling van Graad R-leerders se perseptueel-motoriese vaardighede kan moontlik beïnvloed word deur die Graad R-onderwyser se houding. 'n Positiewe houding sal die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede bevorder, terwyl 'n negatiewe houding kan veroorsaak dat nie aandag gegee word aan dié vaardighede nie. 'n Kwantitatiewe metode is gevolg om te bepaal of die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede by Graad R-leerders deur die onderwyser se houding beïnvloed kan word. Die respondente (n=25) wat volgens 'n gerieflikheidsteekproef geselekteer is, het 'n self-opgestelde vraelys voltooi. Resultate is statisties geanaliseer deur middel van beskrywende statistiek asook as Spearman se rangorde-korrelasie, om verbande te ontleed tussen die onderwysers se ouderdom en ondervinding, die sosio-ekonomiese omstandighede en die aantal leerders in die klas aan die een kant, met die tyd wat aan vakke in Graad R bestee word aan die ander kant. Daar is verder gebruik gemaak van tweerigting-frekwensie-tabelle met Chi-kwadraattoetse en Cramer's V om die sterkte van die verband tussen ras, taal van onderrig en die vrae wat verband hou met houding, te bepaal. 'n Beduidende verband is gevind tussen die onderwysers se ouderdom, die ondervinding van die onderwysers, die aantal leerders in die klas, die sosio-ekonomiese omgewing, en die tyd wat aan vakke bestee word. Ouer onderwysers met min ervaring en oorvol klasse bestee minder tyd aan onderrig van verskillende vakke. Indien dié aspekte aangepak word deur indiensopleiding, kan dit moontlik 'n positiewe effek uitoefen op die onderwyser se houding teenoor die onderrig van Lewensvaardighede, waarby die ontwikkeling van leerders se perseptueel-motoriese vaardighede sal baat om uiteindelik neer-slag te vind in beter skoolgereedheid van Graad 1-leerders.

Palabras clave : houding; Graad R; Graad R-onderwysers; perseptueel-motoriese vaardighede; skoolgereedheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons