SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2Variables which relate to the achievement of black high school learners in Afrikaans as a second languageThe relation between selected biographical variables and the attitude of Grade R teachers towards the development of perceptual motor skills of Grade R learners índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LESSING, Ansie  y  DE WITT, Marike. Die ondersteuning van die voorskoolse kind met betrekking tot ontluikende leesvaardigheid - 'n looddsstudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.660-677. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a7.

Die doel van die artikel is 'n bespreking van 'n literatuurstudie oor ontluikende lees en die lees-handeling as deel van ontluikende geletterdheid en die rol van ouers en ander rolspelers daarin. Die doel van die navorsing is ingeweef in die vraag: Wat is ontluikende lees en waaraan moet aandag gegee word om baie jong kinders as ontluikende lesers te ondersteun? 'n Tematiese analise van toepaslike akademiese literatuur, artikels en internetstukke is gedoen en aktiwiteite wat tot ontluikende lees as 'n deel van ontluikende geletterdheid kan bydra, is geïdentifiseer. Die literatuurbevindinge oor die belangrike fasette van lees is in 'n skematiese voorstelling saamgevat wat as konseptuele raamwerk kan dien vir die ontwikkeling van 'n ondersteuningsprogram vir onder andere voorskoolse onderwysers om ouers en versorgers te bemagtig. Lees is 'n komplekse handeling met leesbegrip as uiteindelike doel, en daarom moet lesers ook in staat wees om onbekende woorde te ontsyfer (dekodeer). Ontluikende geletterdheid (wat ontluikende lees insluit) behels dat kinders die vaardighede ontwikkel wat nodig is vir leessukses en ouers en ander versorgers speel 'n belangrike rol hierin. Die leeromgewing, wat onder andere kultuur, ekonomiese status, tyd wat met kinders bestee word en stimulerende aktiwiteite insluit, is ook belangrik vir ontluikende geletterdheid. Die ryk bron van aktiwiteite wat deur die literatuur aangebied word vir die bevordering van ontluikende geletterdheid, wat ontluikende lees insluit, is egter weens hulle sosio-ekonomiese omstandighede ontoeganklik vir 'n groot aantal Suid-Afrikaners. Ondersteuning aan hierdie groep vereis spesiale programme wat die behoeftes en konteks van bepaalde gemeenskappe in ag neem en die vermoë en sterkpunte van die ouers as belangrike rolspelers as vertrekpunt neem.

Palabras clave : ontluikende lees; voor-leesvaardighede; lees; ouerbemagtiging; voorlees vir kinders; interaktiewe lees; dialooglees; fonemiese bewustheid; morfologie; sintaksis; kennis van die gedrukte woord; verwysing na drukwerk.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons