SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LESSING, Ansie  and  DE WITT, Marike. Die ondersteuning van die voorskoolse kind met betrekking tot ontluikende leesvaardigheid - 'n looddsstudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.660-677. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a7.

Die doel van die artikel is 'n bespreking van 'n literatuurstudie oor ontluikende lees en die lees-handeling as deel van ontluikende geletterdheid en die rol van ouers en ander rolspelers daarin. Die doel van die navorsing is ingeweef in die vraag: Wat is ontluikende lees en waaraan moet aandag gegee word om baie jong kinders as ontluikende lesers te ondersteun? 'n Tematiese analise van toepaslike akademiese literatuur, artikels en internetstukke is gedoen en aktiwiteite wat tot ontluikende lees as 'n deel van ontluikende geletterdheid kan bydra, is geïdentifiseer. Die literatuurbevindinge oor die belangrike fasette van lees is in 'n skematiese voorstelling saamgevat wat as konseptuele raamwerk kan dien vir die ontwikkeling van 'n ondersteuningsprogram vir onder andere voorskoolse onderwysers om ouers en versorgers te bemagtig. Lees is 'n komplekse handeling met leesbegrip as uiteindelike doel, en daarom moet lesers ook in staat wees om onbekende woorde te ontsyfer (dekodeer). Ontluikende geletterdheid (wat ontluikende lees insluit) behels dat kinders die vaardighede ontwikkel wat nodig is vir leessukses en ouers en ander versorgers speel 'n belangrike rol hierin. Die leeromgewing, wat onder andere kultuur, ekonomiese status, tyd wat met kinders bestee word en stimulerende aktiwiteite insluit, is ook belangrik vir ontluikende geletterdheid. Die ryk bron van aktiwiteite wat deur die literatuur aangebied word vir die bevordering van ontluikende geletterdheid, wat ontluikende lees insluit, is egter weens hulle sosio-ekonomiese omstandighede ontoeganklik vir 'n groot aantal Suid-Afrikaners. Ondersteuning aan hierdie groep vereis spesiale programme wat die behoeftes en konteks van bepaalde gemeenskappe in ag neem en die vermoë en sterkpunte van die ouers as belangrike rolspelers as vertrekpunt neem.

Keywords : ontluikende lees; voor-leesvaardighede; lees; ouerbemagtiging; voorlees vir kinders; interaktiewe lees; dialooglees; fonemiese bewustheid; morfologie; sintaksis; kennis van die gedrukte woord; verwysing na drukwerk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License