SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2A principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BESTER, Garfield  e  NOKE, Deseré. Veranderlikes wat verband hou met swart hoërskool-leerders se prestasie in Afrikaans as 'n tweede taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.641-659. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a8.

Navorsingsgegewens oor prestasie in 'n tweede taal kan nie sonder meer op Afrikaans by swart leerders van toepassing gemaak word nie, gesien in die lig daarvan dat swart leerders nie in hulle moedertaal onderrig word nie, maar in Engels wat alreeds hulle tweede taal is. 'n Verdere probleem is dat vorige ondersoeke nie beide kognitiewe en affektiewe veranderlikes betrek het nie. Die kwaliteit van onderrig of leerstyl van die leerders word ook nie gelyktydig saam met kognitiewe en affektiewe veranderlikes ondersoek nie. Dit is gevolglik moeilik om vas te stel watter van hierdie veranderlikes as die belangrikste beskou kan word ten einde die variansie in die prestasie van Afrikaans as 'n tweede taal te kan verklaar. 'n Empiriese ondersoek is uitgevoer waarby 174 swart hoërskoolleerders betrek is. Kognitiewe en affektiewe veranderlikes, asook leerders se leerstyle, is gemeet. Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat selfkonsep, geheue, verbale begrip en motivering as die belangrikste veranderlikes beskou kan word wat met prestasie in Afrikaans as tweede taal verband hou. Leerstyl is nie as 'n belangrike faktor geïdentifiseer nie. Uit die resultate kan twee spesifieke aanbevelings gemaak word: Eerstens moet die belangrikheid van lees opnuut deur onderwysers beklemtoon word. Die aanbeveling word gemaak op grond daarvan dat verbale begrip as 'n belangrike kognitiewe veranderlike na vore gekom het. Verbale begrip hou verband met aspekte soos woordeskat-uitbreiding en sinskonstruksie wat in 'n groot mate deur leesaktiwiteite bevorder word (Echols, West, Stanovich & Zehr 1996:296-304). Tweedens moet onderwysers daarop bedag wees dat affektiewe faktore 'n belangrike rol in die klaskamer speel waar 'n tweede taal onderrig word.

Palavras-chave : Adolessensie; swart leerders; tweede taal; prestasie; Afrikaans; kognitiewe veranderlikes; affektiewe veranderlikes; leerstyl; selfkonsep; geheue; verbale begrip; motivering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons