SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VERHOEF, Grietjie. "Sonder onderwys, geen bevryding": Die vestiging van 'n grondslag vir swart onderwys in Suid-Afrika, 1952-1968. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.627-640. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a7.

Knelpunte met onderwysvoorsiening in die bedeling na 1994 regverdig die herbesinning van die bydrae van Bantoe-onderwys sedert 1952. Verwysings na ouerbetrokkenheid, verantwoordbaarheid van skoolbestuur en toegewyde onderwysers deur kritici van die huidige onderwysbedeling herinner sterk aan die grondslae van Bantoe-onderwys van die vyftigerjare. 'n Historiese herbesinning oor aspekte van die grondslae van Bantoe-onderwys bied 'n herwaardering waarby die huidige debat kan baat. Hierdie bydrae lig twee kernbeginsels van die stelsel van onderwys-voorsiening aan swart kinders uit, naamlik ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid en moedertaal-onderrig. Die vordering met die implementering daarvan tot ongeveer 1990 dui op die bestaan van 'n bruikbare vertrekpunt om bestaande knelpunte suksesvol die hoof te bied. Die bydrae word in twee dele aangebied. Deel 1 plaas die onderwys aan swart kinders in die konteks van Afrika en Suid-Afrika in die middel van die twintigste eeu en verduidelik die implementeringsimplikasies binne die eerste vyftien jaar. Deel 2 verduidelik die aanwending van moedertaalonderwys en die vordering met onderwysvoorsiening deur die onstuimige sewentigerjare. Die artikel kontekstualiseer ten slotte die afloop van swart onderwys teen 1990.

Keywords : Bantoe-onderwys; gemeenskapsbetrokkenheid; moedertaalonderwys; skole; skoolbywoning; opposisie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License