SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STEYN, Jèan. 'n Vergelyking van polisiekultuurhoudings van mans en vrouens in die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor 'n tien jaar tydperk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.608-626. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a6.

Huidige etnograwe (Cockcroft 2013; O'Neill, Marks & Singh 2007; Sklansky 2005) argumenteer dat nuwe ontwikkelinge in polisiëring die polisie verander het, en dat konvensionele kennis van polisiekultuur gevolglik irrelevant is. Meer spesifiek, hierdie navorsers impliseer dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) baie van die polisiekultuurkaraktertrekke verander het met betrekking tot sinisme teenoor en isolasie van die publiek. Hierdie navorsingsartikel is 'n poging om by te dra tot die bespreking deur te bepaal of die polisiekultuuraanwysers solidariteit, isolasie en sinisme onder amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geslagsneutraal is, en ook om vas te stel of lede se houdings verander het oor 'n tien (10) jaar periode (Januarie 2005 - Junie 2014). Deur gebruik te maak van 'n 30-item polisiekultuurtema-vraelys het die studie bevind dat kadette in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat hulle basiese opleiding by die ses (6) SAPD basiese opleidingsfasiliteite (Pretoria, Chatsworth, Oudtshoorn, Graaff-Reinet, Phillippi en Bisho) in Januarie 2005 begin het, die organisasie met vooropgestelde idees oor die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme betree het. Nóg die periode van kollege-/akademie-opleiding (Januarie 2005 - Junie 2005), nóg die opeenvolgende tydperk van veldopleiding (Julie 2005 - Desember 2005), het enige noemenswaardige veranderinge in die respondente se houdings teweeg gebring. Nege (9) jaar later het hierdie houdings versterk tot 'n algehele gemiddeld van byna sewentig persent (69.85%). Oor die duur van die projek (tien jaar) is bevind dat vroulike rekrute, wat later as volwaardige polisiebeamptes in die Polisiediens opgeneem is, hulle oor die algemeen sterker met die waardes van solidariteit, isolasie en sinisme in die polisiekultuur vereenselwig het as hulle manlike eweknieë.

Keywords : Suid-Afrika; polisie; polisiëring; polisiekultuur; polisiekultuurtemas; solidariteit; isolasie; sinisme; man; vrou.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License