SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BOOYSE, Cornelius; VAN NIEKERK, EJ; JANSEN, Cecelia  e  MULLER, Hélène. Die verband tussen werksbevrediging en die leierskapstyl van bestuurders: 'n Gevallestudie uit die banksektor. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.555-572. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a3.

Die doel van die studie was om vas te stel op watter wyse die dominante leierskapstyl van opleidingsbestuurders die werksbevrediging van opleidingskonsultante wat volwasseneonderwys binne 'n bepaalde bankgroep in Suid-Afrika verskaf, beïnvloed. Bepaalde leierskapstyle (naamlik die demokratiese, outokratiese en laissez-faire-leierskapstyle) en werksbevredigingskomponente (naamlik ondersteuning, verhoudings en bemagtiging) is vir die doel geïdentifiseer. 'n Vraelys is ontwerp wat as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het om inligting aangaande die biografiese besonderhede van respondente, hul bestuurder se leierskapstyl en respondente se persepsies van hul eie werksbevrediging in te samel. Een-en-negentig uit 137 respondente aan wie 'n e-pos gestuur is, het die vraelys voltooi. Die responskoers was dus 66.42%. Uit die analise van variansieresultate het dit geblyk dat leierskapstyl wél respondente se persepsie van al die gekose werksbevredigingskomponente statisties beduidend beïnvloed. In die geval van die belewing van ondersteuning is ouderdom verder ook as bydraende faktor tot werksbevrediging geïdentifiseer.

Palavras-chave : bemagtiging; demokraties; laissez-faire; leierskap; leierskapstyl; ondersteuning; outokraties; werksbevrediging; verhoudings.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons