SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2Modelling South Africa's fiscal choices: Cliff or plateau?Political and legal philosophical perspectives on politocratic communitarianism: A discourse with Danie Goosen and Koos Malan índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BOOYSE, Cornelius; VAN NIEKERK, EJ; JANSEN, Cecelia  y  MULLER, Hélène. Die verband tussen werksbevrediging en die leierskapstyl van bestuurders: 'n Gevallestudie uit die banksektor. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.555-572. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a3.

Die doel van die studie was om vas te stel op watter wyse die dominante leierskapstyl van opleidingsbestuurders die werksbevrediging van opleidingskonsultante wat volwasseneonderwys binne 'n bepaalde bankgroep in Suid-Afrika verskaf, beïnvloed. Bepaalde leierskapstyle (naamlik die demokratiese, outokratiese en laissez-faire-leierskapstyle) en werksbevredigingskomponente (naamlik ondersteuning, verhoudings en bemagtiging) is vir die doel geïdentifiseer. 'n Vraelys is ontwerp wat as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het om inligting aangaande die biografiese besonderhede van respondente, hul bestuurder se leierskapstyl en respondente se persepsies van hul eie werksbevrediging in te samel. Een-en-negentig uit 137 respondente aan wie 'n e-pos gestuur is, het die vraelys voltooi. Die responskoers was dus 66.42%. Uit die analise van variansieresultate het dit geblyk dat leierskapstyl wél respondente se persepsie van al die gekose werksbevredigingskomponente statisties beduidend beïnvloed. In die geval van die belewing van ondersteuning is ouderdom verder ook as bydraende faktor tot werksbevrediging geïdentifiseer.

Palabras clave : bemagtiging; demokraties; laissez-faire; leierskap; leierskapstyl; ondersteuning; outokraties; werksbevrediging; verhoudings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons