SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisationWho are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ROSSOUW, Jannie; JOUBERT, Fanie  and  BREYTENBACH, Adèle. Suid-Afrika se fiskale keuses gemodelleer: Afgrond of plato?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.534-554. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a2.

Die artikel ontleed fiskale ontwikkelings in Suid-Afrika sedert die publikasie van die bevindings van Rossouw, Joubert en Breytenbach (2014) dat Suid-Afrika 'n fiskale afgrond in die gesig staar. Die vorige artikel het bevind dat owerheidsbesteding aan sosiale bystand toenemend tussen 2008 en 2012 as persentasie van totale owerheidsinkome gegroei het. Terselfdertyd het die owerheid se vergoedingsrekening oor daardie tydperk ook skerp toegeneem. Die gevolgtrekking was dat sosialebystandbetalings en owerheidsvergoeding op 'n peil is waar verdere reële toenames onbekostigbaar is, selfs al word belastings verhoog. Die bevinding was dat Suid-Afrika oor die lang termyn 'n fiskale afgrond in die gesig staar en dat alle inkome teen 2026 aan hierdie uitgaweposte sal gaan as die neiging wat tussen 2008 en 2012 voorgekom het, volgehou word. Hierdie artikel gebruik data van die 2014 Mediumtermyn Begroting (2014 MTB) en die 2015- en 2016-begrotings tot die einde van die 2018/19 fiskale jaar om te bepaal wat Suid-Afrika se huidige posisie ten opsigte van die fiskale afgrond is. Hoewel die regering verantwoordelik in begrotingsvoorstelle tot die 2018/19-fiskale jaar opgetree het deur die groei in besteding op sosialebystandbetalings en owerheidsvergoeding te beperk, is daar geen waarborg dat hierdie konserwatisme sal realiseer nie. In die praktyk het die regering reeds verhogings vir die staatsdiens vir die tydperk tot 2018/19 bo die begroting goed-gekeur. Hoewel die regering dus die bestaan van 'n fiskale afgrond erken, is daar verwarring in die reaksie op hierdie bedreiging. In die tweede plek maak politici steeds beloftes van bestedingstoenames. Die Minister van Sosiale Ontwikkeling het die voorneme aangekondig om kindertoelaes tot op ouderdom 21 uit te brei. Voorheen het die Minister van Finansies die voorneme aangekondig dat ouderdomspensioene aan almal bo 60 betaal moet word en dat die middeletoets afgeskaf moet word. Hierdie is onbekostigbare voorstelle. Hierdie navorsing fokus op die vraag of Suid-Afrika se fiskale volhoubaarheid sedert 2012 verbeter het. 'n Ekonometriese model is ontwikkel en twee scenario's is gemodelleer om lig op hierdie vraag te werp. Die bevinding is dat Suid-Afrika van 'n fiskale afgrond na 'n fiskale plato kan beweeg as die groei in sosialebystandbetalings, staatsdiensindiensname en die salarisse van staatsdiensamptenare beteuel kan word.

Keywords : armoede; inkomsteverdeling; belastinglas; belastingverhogings; fiskale afgrond; sosiale besteding; owerheidshulpbronne; owerheidsinkome; owerheidsuitgawes.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License